CALITZDORP NUUS - "Die fees groei elke jaar. Ons uitstallers kom van sover soos Port Elizabeth om by dié vetplantfees te kom uitstal," vertel Buck Hemenway, organiseerder van die Calitzdorp-vetplantfees.
Die jaar was uitstallers se stalletjies deel van die Calitzdorp-treinstasie se karakter en vetplant- en kosstalletjies was al langs en om die treinspore en gebou opgerig.
Feesgangers, elk met 'n boks vol vetplantjies, het heel opgewonde geraak wanneer hulle daardie een plantjie vind waarna daar al so lank uitgesien word.
Gaste is vermaak deur vetplantkenners wat praatjies gelewer het, 'n vetplantstaproete en werksessies.
Calitzdorp-vetplantfees sal volgende jaar weer vanaf 15 tot 17 September aangebied word.
Besoek ook www.vetplant.co.za vir meer inligting.
Die fees het honderde mense gelok.
Daar was honderde feesgangers tydens die vetplantfees die afgelope naweek.
Calitzdorp-treinstasie was feestelik getooi.
Hier kon jy daardie een spesifieke vetplantjie, waarna jy al vir jare soek, kry.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'