Intussen het die voorsitter van KKBBCCI, Freddie Schroeder, gister ‘n dringende brief onder dieselfde briefhoof uitgestuur waarin dit gestel word dat KKBBCCI hulle heeltemal van die optog distansieer. Volgens sy skrywe word die optog sonder ‘n mandaat van die bestuur gereel en sal daar teen lede van KKBBCCI opgetree word sou hulle die optog ondersteun.