OUDTSHOORN NUUS - Ons het die afgelope tyd heelwat klagtes ontvang oor die taal (tale) van ons Facebook-plasings.
Dit is egter nie iets wat ons as die Oudtshoorn Courant Facebook-bladsy kan kies of beheer nie, maar is die gevolg van Facebook se implementering van 'n outomatiese vertaalfunksie.
As jy Facebook-plasings sien wat geen grammatikale sin maak nie, of wat in beide Engels en Afrikaans voorkom, volg onderstaande stappe om te verseker dat dit nie aangaan nie:
Op jou rekenaar
• Gaan na jou Facebook-instellings. Om jou instellings te vind, klik op die donkerblou pyltjie heel regs (bo) van jou Facebook-bladsy. Kies nou Stellings in die hangkieslys. Kies Taalinstellings aan die linkerkant van jou bladsy.
• Die eerste opsie is om 'n taal te kies waarin jy Facebook wil gebruik. Dit word outomaties ingestel op Engels.
• Die volgende opsie, Newsfeed vertalingsvoorkeure, gee jou die geleentheid om stories in 'n taal van jou keuse te vertaal. Die aanbevole keuse hier is Engels.
• Hieronder is daar 'n opsie om die tale te kies wat jy verstaan. Hier kan jy verskeie tale byvoeg. Kies byvoorbeeld Engels en Afrikaans.
• Hieronder is daar 'n opsie om tale te kies wat jy nie outomaties vertaal wil hê nie. As jy nie wil hê dat die tale wat jy verstaan nie (soos gekies in die opsie bo hierdie een) outomaties vertaal word, voeg dit ook hier by. Jy kan hierdie veld ook leeg laat as jy verkies.
• Onthou om veranderinge te stoor.
Op jou selfoon
• Klik op die drie bars langs jou kennisgewings'-ikoon.
• Blaai na die HULP & SETTINGS-afdeling en kies Rekeninginstellings. Kies nou Taal.
• Die eerste opsie gee jou die geleentheid om stories in 'n taal van jou keuse te vertaal. Die aanbevole keuse hier is Engels.
• Hieronder is daar 'n opsie om die tale te kies wat jy verstaan. Hier kan jy verskeie tale byvoeg. Kies byvoorbeeld Engels en Afrikaans.
• Hieronder is daar 'n opsie om tale te kies wat jy nie outomaties vertaal wil hê nie. As jy nie wil hê dat die tale wat jy verstaan nie (soos gekies in die opsie bo hierdie een) outomaties vertaal word, voeg dit ook hier by. Jy kan hierdie veld ook leeg laat as jy verkies.
• Onthou om jou veranderinge te stoor.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'