Projekbestuurder, Rodney Galant van die Departement van Gesondheid sê die kos wat by die sopkombuis aan die kinders verskaf word is om die druk op onderwysers te verlig. "Onderwysers moet fokus op kinders se opvoeding, eerder as om te wonder waar die kinders se volgende maaltyd vandaan gaan kom. My eerste ideaal is dat die sopkombuis 'n permanente instelling sal raak by hierdie crèche. My tweede ideaal is dat die sopkombuis drie dae per week sal plaasvind ten bate van die leerders. Nog 'n ideaal is om dit so gou moontlik uit te brei na die nabye gemeenskap van Neppon, Rosebank en Riemvasmaak om HIV/Vigs- en TB-pasiënte, bedlêende pensionarisse en mense met gestremdhede te voed.
Galant sê hy is geïnspireer deur Oprah Winfrey se Farewell Season. "Ons jongmense moet besef hoe belangrik lees en onderwys is om hulself te bemagtig. Kennis is mag. My fokus is op kinders vanaf 6 tot 18 jaar. Die program wil graag geïntegreerd werk met die munisipaliteit en al die ander relevante departemente en NGO’s. Ek het alreeds donasies ontvang vanaf die IEC asook individue in die Oudtshoorn gemeenskap in die vorm van boeke. My visie is om ekstra mobiele klasse langs hierdie crèche te laat inrig, saam met ‘n parkie vir jongmense om te kom en ontspan, maar ook deel te wees van die verrigtinge wat gepaard sal gaan met die leesprojek.
"As jongmens het ek besef dis tyd dat ons departemente en gemeenskap betrokke raak by jongmense se ontwikkeling om so ‘n beter toekoms vir ons as gemeenskap, asook vir die jeug, te verseker."
Verskeie ampsbekleërs, onder wie Burgemeester Gordon April, het die opening van die sopkombuis bygewoon en hulle steun aan die projek toegesê.
‘n Beroep word op die Oudtshoorn gemeenskap en besighede van die dorp gedoen vir enige donasies vir die sopkombuis. Kontak Rodney Gelant by 072 986 0358 of 079 951 9799.

Die kleintjies van die Enrichment Centre Crèche in Bridgton smul aan hulle broodjies en sop.

Die kleintjies van die Enrichment Centre Crèche in Bridgton smul aan hulle broodjies en sop.
(Ilse Schoonraad)