OUDTSHOORN NUUS - Nadat 'n wysiging op die nasionale wet in 2016 die opleiding van verpleegsters by Emmanuel-verpleegskool op Oudtshoorn tydelik onderbreek het, is die goeie nuus dat die skool weer op 16 Januarie 'n amptelike opening kon hou.
Die ope dag is aangebied sodat direkteure van die ACVV, gesondheidsinstellings, ander instellings en belanghebbendes die veranderinge en opgradering van die skool kon sien.
Dié verpleegskool het akkreditasie om 'n eenjaarkursus, Higher Certificate Auxiliary Nursing, aan te bied en 25 studente het reeds vir die kursus ingeskryf. Daar word tans gewag op goedkeuring om 'n driejaarkursus in algemene verpleging aan te bied. Die Procare Health Training Academy is ook op die perseel geleë en sal ook 'n aantal kursusse aanbied.
Dokter Yolande Hayton, direkteur van Emmanuel-verpleegskool het gaste verwelkom. Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, 'n aantal raadslede en munisipale amptenare het ook die geleentheid bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'