Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die 51-jarige vrou van Oudtshoorn wat sedert verlede Maandag vermis is, is steeds soek.
Volgens Sherilese Booysen, Sarha Laverlot se dogter, het die polisie die afgelope naweek onderklere van Laverlot en die serp wat sy met haar verdwyning aangehad, het gevind.
“Die klere is by Stolsvlakte in ‘n kloof gekry,” het sy gesê.
Volgens haar is die polisie besig om ‘n soektog in die omgewing na die vermiste vrou.
Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het bevestig dat daar ‘n soektog aan die gang is.
Die Oudtshoorn Courant het verlede week berig dat Laverlot Maandag tussen 07:00 en 08:00 op ‘n taxi geklim en sy is nooit weer daarna gesien nie.
“Sy is glo by Suid-Kaap Kollege afgelaai, maar niemand het haar nog daarna gesien nie,” het haar man, Phillip Laverlot vertel.
Hy het gesê sy het ‘n swart rok met ‘n pers/pienk bloes en pienk serp aangehad toe sy vermis geraak het.
“Sy is effens deurmekaar as gevolg van ‘n siekte waaraan sy ly. Ons het die saak by die polisie aangemeld en het al self oral na haar gesoek, maar kon haar nog nêrens kry nie.”
Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind kan haar ma by 063 2008 883 skakel.
Lees 'n vorige artikel: Oudtshoorn-vrou vermis
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'