OUDTSHOORN NUUS - 'n 31-jarige vrou, Viola Saptou, van Oudtshoorn is sedert 1 Februarie vermis.
Volgens haar niggie, Patricia April, is Saptou die Donderdagoggend vroeg uit die huis uit om dorp toe te gaan en sy kon nog weer deur haar familie opgespoor word nie.
Saptou woon in John Chapmanstraat, Toekomrus.
Sy het 'n donker rooi hemp en blou jean aangehad toe haar familie haar die laaste keer gesien het.
Volgens inligting wat April ontvang het was Saptou moontlik die laaste keer in die Lane gesien.
"Ons as familie is regtig bekommerd oor haar.
"Sy het twee kinders van ses en twee jaar oud. Ons wil net hê sy moet veilig terug kom huis toe."
Enigiemand met inligting oor waar Saptou haar bevind kan haar niggie by 083 3111 455 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'