Prins se bebloede liggaam is die Saterdag 7 Junie deur haar suster, Paulina Prins, in haar slaapkamer aangetref. Sarah het verskeie oop wonde aan haar kop gehad en bloedplasse het oral in die kamer gelê.
Tefnique Malgas (18) en Miggel Adams (37) het die week aan hul regshulpprokureur, Charl Malan, opdrag gegee om nie vir borgtog aansoek te doen nie.
Die staatsaanklaer Mervin Saayman, het gesê dat die staat met die ondersoek besig is en daar nog ondermeer bloedtoetse is wat gedoen moet word.
Landdros Lorraine Samuels het die saak tot 24 Julie uitgestel.

Die huis waarin Sarah Prins meer as 'n week gelede wreed vermoor is. Foto: Liezl van Niekerk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'