BEAUFORT-WES NUUS - Die saak teen 'n man van Beaufort-Wes wat teregstaan op aanklag van verkragting van 'n 13-jarige meisie, twee aanklagte van menseroof en twee van roof met verswarende omstandighede, is gister in die Oudtshoorn-streekhof vir uitspraak tot volgende maand uitgestel.
Angus Minnaar (20) het na bewering op 15 Julie 2018 'n 13-jarige meisie en 'n 14-jarige seun met 'n skaapskêr gedreig om saam met hom na 'n rivier te stap waar hy hul voete met 'n skoenveter aanmekaar gebind en toe die meisie verkrag het.
Hy word ook daarvan aangekla dat hy op 27 Mei 2017 'n 16-jarige seun met 'n mes gedreig en van 'n R100 beroof het, en op 17 November vir Tescolene Cedras van R50 beroof het.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'