Vier pale met verkeerstekens is in Noordstraat verrinneweer.
Terwyl van die pale net skeef gebuig is, is ander tot op die grond gebuig.
Dit is onduidelik of dit die handewerk is van kwaaddoeners wat ledig is en of dit pogings was om die pale af te breek.
Daar is reeds dosyne kruisings in Oudtshoorn waar geen verkeerstekens staan nie aangesien baie van hulle afgebreek word en as skrootmetaal verkoop word.

Die verkeersteken is erg beskadig.

Dié stopteken is in Noordstraat naby Langenhoven Gimnasium se hek afgeneem.
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'