OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het verlede jaar 'n onderneming aangegaan om alle verkeersligte stelselmatig op te gradeer om te werk tydens beurtkrag.
Kontrakteurs werk tans aan die opgradering van die verkeersligte by die kruising van Hoogstraat en Voortrekkerweg.
Na hierdie opgradering sal hierdie verkeersVerkeersligte word opgradeer ligte tydens beurtkrag werk, dieselfde as dié by Queen's Mall en die Voortrekker- en Langenhovenweg-kruising.
Werk aan die kabels word tans voltooi, waarna die toerusting en nuwe verkeersligte geïnstalleer sal word. Die projek behoort teen middel Maart voltooi te wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'