OUDTSHOORN NUUS - Die verkeersafdeling van Oudtshoorn doen tans hul bes om die agterstand in transaksies as gevolg van die inperking in te haal.
Een van die stappe is om die kantore ook sommige Saterdae, soos vandag, oop te maak vir hernuwing van lisensies en rybewyse asook padwaardigheidstoetse.
Volgens 'n beampte doen hulle sommige dae tot soveel as 200 transaksies en neem personeel nie etenstye nie.
Motoreienaars word gevra om waar moontlik hernuwing van voertuiglisensies aanlyn te doen deur instruksies te volg op https://online.natis.gov.za/#/.
Mense het vanoggend van so vroeg as 06:00 reeds by die lisensiekantore gestaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'