OUDTSHOORN NUUS - Die projek wat deur 'n aantal inwoners begin is om die ingang na die dorp aan Calitzdorp se kant te verfraai, tel momentum op.
Die nuutste toevoeging tot die tuin aan die bopunt van Voortrekkerweg is 26 koorsbome wat verlede week aangeplant is.
Die bome is deur die Oudtshoorn besigheidskamer se Ek is Oudtshoorn en die Oudtshoorn Mooimaakprojek aangekoop.
Sedert die begin van die projek 'n aantal maande gelede is verskeie plante aangeplant en rivierklippe gepak.
Volgens een van die vrywilligers word honderde plantjies ook binnekort aangeplant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'