Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die polisie het vanoggend net na 06:00 'n verdagte (30) gearresteer nadat 'n Isuzu bakkie gesteel is.
Die bakkie is vanoggend net na 04:00 uit die erf van 'n woonhuis gesteel. Die eienaar het onmiddelik die polisie in kennis gestel.
Sover vasgestel kan word is die gesteelde voertuig deur 'n patrollievoertuig opgemerk minute na die diefstal.
Die verdagte het weggejaag en op die hoek van Rademeyer- en Jan van Riebeeckstraat teen 'n kragpaal gebots.
Die verdagte het te voet gevlug en is later by die rivier in die omgewing van Rademeyerstraat gearresteer.
Kyk 'n video hieronder:
Die verdagte het weggejaag en op die hoek van Rademeyer- en Jan van Riebeeckstraat teen 'n kragpaal gebots.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'