OUDTSHOORN NUUS - Yaron Venter was Saterdag die vinnigste van die 144 deelnemers wat aan die 197ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-Olyflandgoed deelgeneem het.
Hans van der Veen (20.22) en Patrick Peters (20.49) het onderskeidelik in die tweede en derde plekke geeindig. Betsie Colyn was die eerste vrou oor die wenstreep.
Deelname aan die somer-parkrun vind elke Saterdagoggend om 07:00 by die Surval-olyflandgoed plaas. Inskrywings is gratis en almal is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'