Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die polisie het gisteraand 'n man in Kerkstraat in hegtenis geneem na hy vier winkels se vensters met 'n halwe baksteen stukkend geslaan het.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het gesê die 36-jarige man 'n is op 'n klag van opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem en skade beloop R30 500. Die man sal na verwagting môre in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die winkels wat skade gely het is Russels, M.M Furnitures, Spec-Savers en Slabber en Slabbert-oogkundiges. Daar is egter nie by een van die winkels ingebreek nie.
Volgens een van die personeellede by een van die winkels het hulle alarm-maatskappy hulle gebel en gesê daar is venster by hulle gebreek. Die halwe baksteen is by M.M Furnitures gevind.
"'n Sekerheidswag wat oorkant ons winkels ook in Kerkstraat werk het die man gesien en gesien hoe hy die ruite met die baksteen breek. Sy het die polisie gebel en hulle was regtig vinnig op die toneel en kon die mannetjie net betyds vang voor hy die pad kon vat," het die vrou gesê.
Die halwe baksteen is by M.M Furnitures gevind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'