- Sluit alle items soos tuingereedskap wat gewoonlik buite gestoor word toe. Dit kan gebruik word om mee in te breek.
- Reël met iemand om daagliks pos uit te haal
- Die meeste inbrekers verkry toegang deur vensters. Sorg dat alle vensters toe en op knip is.
- Diefwering en alarms is die grootste afskrikmiddel en sal die risiko van 'n inbraak verminder.
- Moenie waardevolle items binne sig of naby vensters los nie.
- Goeie vriendskappe en buurmanskap kan huis-
- brake verhoed. Lig bure in van vakansieplanne.
- Stel die polisie in kennis dat die huis vir 'n tyd-perk leeg sal wees sodat hulle dit met patrollies kan besoek.
- Vakansiegangers is dikwels teikens van misdaad omdat hulle geneig is om minder waaksaam te wees. Verminder die risiko om beroof te word:
- Moenie alleen stap in 'n vreemde plek nie, dit maak jou 'n maklike teiken.
- Vermy donker stil plekke
- Rowers tree dikwels in groepe op. As jy beroof word moet jou nie teësit nie.
- Moenie waardevolle artikels oop en bloot in die voertuig laat rondlê nie.
- Sluit altyd jou voertuig en sorg dat alle vensters toe is.
- Vermy stil en verlate parkeerplekke.
- Probeer jou voertuig snags op 'n verligte plek parkeer waar verdagtes maklik aandag sal trek. Dit is veiliger om motors snags in erwe te parkeer waar moontlik.
- Verwyder motorradio's se voorste panele waarsonder die toestel nutteloos sal
- As jou voertuig met 'n afstandbeheer sluit, maak seker hy is gesluit. Kyk na die voertuig as jy hom sluit om te verseker die afstandbeheer het wel die voertuig gesluit en die alarm aangeskakel.
- Moet nooit goedere agterop 'n bakkie onbewaak los nie.
- Indien 'n bakkie 'n kappie het, maak seker die kappie is gesluit en die vensters is toe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'