By die 2014 SAMCA nasionale kampioenskappe behaal die span ook 'n sewende plek in die Elite afdeling, en is dus tans die sewende beste laerskole span in Suid-Afrika. Dit is die beste wat 'n SWD-span tot op hede by die kampioenskappe gevaar het.
Elf spanlede is ook ingesluit in die Wes-Kaapse span waar hulle 'n sil-wermedalje verwerf het by die nasio-nale kampioenskappe.
Na afloop van die SWD-proewe het 17 trompoppies hulle SWD-kleure vir 2015 verwerf.
Caitlin Bruintjies, Joy Delport en Sibongile May het hul nasionale kleure vir 2014 verwerf. Bruintjies is ook ingesluit in die Proteaspan wat aan 'n internasionale kompetisie in Kroasië deelgeneem het.
Laerskool Van Reede se trompoppies het 'n skitterseisoen beleef.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'