OUDTSHOORN NUUS - Om geld in te samel om Oudtshoorn se gemeenskap finansieel by te staan, skuif die klem nou van 'n burgemeesters-bal na 'n burgemeesters-gholfdag.
Colan Sylvester, Oudtshoorn se burgemeester, het Dinsdag aangekondig dat hy en 'n span raadslede en munisipale amptenare reeds ver gevorder is met die reëlings vir 'n jaarlikse burgemeesters-gholfdag.
Die datum vir die gholfdag is reeds gedagboek vir Saterdag 2 Desember.
Die maskerbal se wins is bestem vir mishandelde vroue en kinders, terwyl die geld wat met die gholfdag ingesamel sal word, aan plaaslike studente vir studiebeurse sal gaan.
Raadslid Pieter Luiters het skoliere en onderwysers aangemoedig om in te skryf vir die gholfdag. "Hulle moet kom stokke swaai om hul medeleerders te help om studiebeurse te bekom."
Sylvester het besighede wat putjies wil borg, gevra om Louis Booysen by die munisipaliteit by 044 203 300 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'