OUDTSHOORN NUUS - Lindie van der Veen het verlede Vrydag 'n splinternuwe BMX gewen by Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN) se lotingskompetisie.
Volgens Ansa de Jager, vrywilliger by ODIN, sal die fondse aangewend word om verbeteringe aan die skut te bring en ook om te help met veeartskostes.
De Jager het Laerskool Van Reede bedank vir hul ruim bydrae tot die loting.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'