OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Boorling van Oudtshoorn, Donavan van der Berg (22), is besig om sy spiere te bult vir deelname aan die internasionale federasie vir liggaamsbou 2018 wêreldkampionskappe.
Donovan, seun van Danie en Isabella van der Berg, het Maart vanjaar sy eerste liggaamsbou kampioenskappe gewen toe hy die top podium posisie ingeneem het by die Champions Rise kampionskappe in Potchefstroom.
Hierdie titel het hy verower slegs twee jaar na hy begin het met liggaamsbou.
Op 12 Augustus wen hy die federasie se Noord-Wes provinsiale kampionskappe in Rustenburg.
Hierdie kragvertoning volg hy op met 'n top 10 posisie by die SA-kampioenskappe in Witbank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'