OUDTSHOORN NUUS - Die 7de Laan-akteur Dann-Jaques Mouton, alombekend as DJ, wat die rol van Justin in die sepie vertolk, was Saterdagaand die gasspreker tydens die tiende Valentynsaand van die Toekomsrus United Congregational Kerk.
Hier is hy saam met die kerk se vrouevereniging wat die funksie gereël het onder leiding van die predikantsvrou, Joany Page (voor regs).
Meer as 300 gaste het die aand saam met Mouton deurgebring.
ARTIKEL & FOTO: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'