Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Groep jong mense van Vereeniging se vakansieplanne het byna skipbreuk gely toe hulle gistermiddag in 'n botsing betrokke was.
Hulle was in 'n Ford Fiesta met die Mosselbaai-pad na Hartenbos onderweg toe hulle by die Volmoed afdraaipad van agter teen n VW Golf gebots het.
Volgens die bestuurder van die Ford het hy nie besef die Golf staan byna stil om regs te draai nie. Hy het gerem en die Golf probeer vermy, maar dit van agter getref.
Die bestuurder van die Golf het gekla van rugpyn en is per ambulans hospitaal toe geneem. Die motors is nie ernstig beskadig nie.
Kyk 'n video hieronder:
Polisiebeamptes op die ongelukstoneel.
"Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus."