OUDTSHOORN NUUS - 'n Groot eer het Oudtshoorn Vaardigheidskool te beurt geval na hul groentetuin vandag, Woensdag 21 Februarie, 'n tweede plek in die C-afdeling van die Nasionale Skool Voedingsprogram (NSVP) van die Wes-Kaap se 2023 provinsiale skooltuin-kompetisie verower het.
Direkteur van die NSVP in die Wes-Kaap, Lindelwa Sopotela, het spesiaal die skool besoek om hul persoonlik geluk te wens en 'n sertifikaat te oorhandig. Hul het ook R10 000 se prysgeld ontvang.
Sopotela het gesê dat dit 'n uitstekende prestasie is, siende dat die skool hul groentetuin in 2022 begin het, en reeds 'n tweede plek in hierdie afdeling kon losslaan. Die afdeling sluit skole in wat in dorre of droë gebiede geleë is, anders as ander skole soos byvoorbeeld langs die kus of in gebiede wat meer reën ontvang.
Lees die volledige berig in volgende week se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’