OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool het op 1 Desember hulle borge, ondersteuners en beheerliggaam bedank vir hul bydra tot die instansie se groei en vooruitgang.
'n Spoggerige langtafelete het by die Karools-lapa in Albertstraat plaasgevind.
Die smaaklike driegang-maaltyd is deur van die onderwysers en leerders in die vaardigheidstudieklas voorberei.
Gavin Block, skoolhoof van Oudtshoorn Vaardigheidskool het 'n sertifikaat aan elke borg en ondersteuner oorhandig as 'n teken van waardering.
"Baie dankie aan elkeen wat deel van die Valkies se suksesvolle jaar was.
Block vertel ook dat hulle as skool opgewonde is oor die Kersmark wat op 9 November voorlê.
'n Heerlike steakete sal bedien word en items wat deur die kinders self gemaak word sal beskikbaar wees om die Kerskous te vul. Skakel 084 827 2474 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'