OUDTSHOORN NUUS - Uitspraak in die saak teen 'n man van Oudtshoorn wat van verkragting en aanranding van sy meisie aangekla word, is in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel, omdat die landdros nog nie daarvoor gereed was nie.
Christiaan Stander (27) pleit onskuldig op albei aanklagte en voer aan dat hy met toestemming geslagsgemeenskap met die klaer gehad het en dat hy uit noodweer opgetree het, nadat sy hom later met 'n klip teen sy kop gekap het.
Stander se regsverteenwoordiger, Vaughn Shone, het vir sy vryspraak gevra omdat dit vreemd is dat iemand wat glo verkrag is, haar beweerde verkragter in die tronk besoek en vir hom kos neem.
Volgens Shone is daar nie genoeg getuienis voor die hof vir skuldigbevinding nie.
Die saak dien voor streeklanddros Sylvia Mandla en is vir uitspraak tot 27 Augustus uitgestel.
Stander is in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'