LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie ondersoek 'n klag van moord na 'n 27-jarige man die afgelope naweek na bewering met 'n baksteen doodgeslaan is.
Dit is die tweede moord in sewe dae in Ladismith.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die slagoffer en die verdagte 'n uitval in 'n tavern in Nissenville gehad.
"Die man, wat later as Alvino Flink, geïdentifiseer is, het die tavern verlaat en in Goldinglaan afgestap. Die 18-jarige verdagte het hom agtervolg en met 'n baksteen teen die kant van sy kop geslaan. Die man het geval en nie weer nie weer opgestaan nie," het Pojie gesê.
Volgens hom is die verdagte reeds gearresteer en het hy al in die Ladismith-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'