OUDTSHOORN NUUS - Twee verdagtes is die week in die Oudtshoorn-landdroshof vir huisbraak gevonnis.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is Francois Dyssel op 6 April tot nege maande gevangenisstraf vir huisbraak en diefstal gevonnis.
"Hy het in 2021 by 'n woning ingebreek. Die polisie het hom in die woning gekry, na die bure die polisie gebel het."
Patrick Julies is op 8 April tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis nadat hy ook in 2021 by 'n stoor in Rademeyerstraat ingebreek het. Die polisie het Julies in die stoor betrap.
Brig. Susanna Crafford, stasiebevelvoerder, het die polisielede bedank vir hul goeie werk wat tot die vonnisoplegging van die verdagtes gelei het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'