OUDTSHOORN NUUS - Twee jong mans van Ladismith wat 'n 85-jarige vrou in haar huis met ‘n mes gedreig en beroof het is in die Oudtshoorn-streekhof aan huisbraak en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind en onderskeidelik tot agt en 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Joshwill Januarie (19) en Morné Adams (23) het skuldig gepleit op albei aanklagte.
Hulle het erken dat hulle op 18 Mei vanjaar die agterdeur van Maria Swart oopgebreek en van twee potjies lekkers, sleutels, ’n koekmes,’n selfoon en R900 kontant beroof het.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'