OUDTSHOORN NUUS - Twee blakend gesonde seuntjies is gister op Kersdag in die Oudtshoorn-hospitaal gebore.
Volgens een van die mammas, Jodene Julius, weeg haar seun (Luca) 2,580kg en is hy gistermiddag omstreeks 15:00 via 'n keisersnit in die lewe gebring.
Julius vertel dat sy in 2016 'n operasie aan haar baarmoeder ondergaan en dat dokters vir haar gesê het dat die kanse groot is dat sy waarskynlik nooit kinders in die lewe sal kan bring nie.
"Toe ek vroeg in die jaar wel swanger word was dit vir my 'n groot verrassing. My seun Luca is my eerste kind en hy is ook letterlik my kersgeskenk van God. Dis ook my eerste keer in my lewe dat ek swanger was en alhoewel ek dankbaar is vir my seun se geboorte, sien die kraamsaal my beslis nie weer," skerts sy.
Die mamma van die tweede seun, Edwina Samson, sê dat sy direk na Julies in teater gegaan het om te baar - ook via keisersnit. Samson se seun, wat op hierdie oomblik nog nie 'n naam het nie, weeg 2,4690kg.
Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'