OUDTSHOORN NUUS - Twee persone, een van Oudtshoorn en een van Ladismith, word steeds deur die polisie gesoek.
'n 85-jarige man, Adam Pretorius, van Vygielaan in Ladismith, het op 14 Maart uit die Allan Blyth-hospitaal verdwyn.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, is die polisie Maandag 19 Maart in kennis gestel dat hy vanaf die hospitaal weggeloop het.
Pretorius is 1,7 m lank, het grys hare en bruin oë. Hy was geklee in 'n roomkleurige geruite hemp, navy broek, bruin skoene en 'n rooi 'n pet.
Volgens Cederas het 'n grootskaalse soektog tot dusver niks opgelewer nie.
Enigiemand met inligting kan die hoof van sigbare polisiëring, Kapt. Henry Edwardes, by 028 551 8100 of 082 379 4111 skakel. Inligting sal as vertroulik hanteer word.
In Oudtshoorn is die 69-jarige Lenie Arries steeds sedert Desember vermis.
Lenie Arries
Die Oudtshoorn Courant het vroeër berig dat Arries laas in 'n khaki-broek, khaki-langmouhemp en swart tekkies gesien is.
Enigiemand wat inligting het oor haar verdwyning kan ao. Karin Meyer by 044 274 4400 of 082 587 9359 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'