OUDTSHOORN NUUS - Lede verbonde aan die Attaqua-honde-eenheid het verlede Woensdag twee persone by die taxi-staanplek in hegtenis geneem.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie is ‘n 26-jarige man vir handel in dwelms in hegtenis geneem.
“Lede van die honde-eenheid het inligting ontvang van ‘n persoon naby die 'taxi rank' wat handeldryf met tik. Die polisie het die persoon opgemerk met die beskrywing van die kleredrag en die 26-jarige verdagte het toe begin hardloop. Hy is gearresteer met 41 sakkies tik in sy besit. Hy het ook kontant in sy besit gehad.”
Micheals sê daar is ook ‘n minderjarige seun gearresteer met vier sakkies tik, vier halwe mandrax-tablette en vier kwart mandrax-tablette in sy besit.
Die dwelms wat tydens die arrestasies gekonfiskeer is. Foto’s verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'