OUDTSHOORN NUUSFLITS - Twee insittendes van 'n Nissan bakkie is gisteraand lig beseer toe hulle teen 'n Corsa bakkie gebots het.
Die Nissan bakkie was met Zebraweg onderweg toe die Corsa bakkie vanuit 'n dwarsstraat in hom vasgery het.
Die Nissan het getol en sowat 20 meter verder deur 'n betonmuur gery en op die sykant te lande gekom. Die verkeerspolisie het 'n boete aan een van die bestuurders uitgereik omdat hy nie oor 'n rybewys beskik het nie.
Volgens die inwoner in wie se erf die bakkie beland het, is dit reeds die tweede keer dat sy heining deur 'n voertuig omgery word.
Die bakkie is erg beskadig in die botsing Die Corsa bakkie wat vanuit 'n dwarsstraat met die Nissan gebots het. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'