OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het gister bevestig dat daar tot dusver twee Covid-19-verwante sterftes in die groter Oudtshoorn was.
Geen persoonlike inligting ten opsigte van Covid-gevalle word deur owerhede bekendgemaak nie.
Die dood van munisipale amptenaar, Pumzo Tofile waaroor hierdie week berig is, is nie deel van die statistiek nie aangesien hy in Kaapstad woonagtig was en daar oorlede is.
Teen gister het Oudtshoorn 89 bevestigde Covid-19-gevalle gehad, waarvan 59 aktief is en 30 herstel het.
Munisipale kantore en die raadsaal word op 'n gereelde basis ontsmet.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'