OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurders van 'n Toyota Hilux en 'n Polo Vivo is per ambulans hospitaal toe na 'n botsing by die kruising van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg.
Volgens ooggetuies was die Toyota met Baron van Reedestraat onderweg toe die Polo, wat teen 'n hoë spoed met Voortrekkerweg langs gekom het, die rooilig geïgnoreer het en die Toyota getref het.
Dit blyk dat die Polo-bestuurder na die hospitaal onderweg was met 'n persoon wat noodbehandeling moes kry.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'