Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Die bestuurder en passasier van 'n rooi Golf is vanaand beseer toe hul motor deur 'n heining geploeg het.
Die ongeluk het by die kruising van Jones- en Rademeyerstraat plaasgevind.
Dit blyk dat die Golf met Jonesstraat onderweg was en na regs in Rademeyerstraat wou draai toe dit met die heining gebots het.
Kyk 'n video hieronder.
Op die video hieronder word die motor vasgevang waar dit met Jonesstraat die kruising nader en kort nadat 'n motor in Rademeyerstraat verby is, oor die stopstraat ry waarna dit links van die kamera die heining tref.
Die ongeluk het by die kruising van Jonesstraat en Rademeyerstraat plaasgevind.
Die toneel deur 'n ander sekerheidskamera afgeneem:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'