Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Troosdiens word môreaand 18:00 vir die jong rugbyster, Willon Lucas (17), wat die afgelope naweek in Voortrekkerweg doodgery is, gehou.
Die diens sal by Hoërskool Môrester gehou word.
Lucas het Vrydagaand die pad oorgesteek toe 'n voertuig hom raakgery het.
Volgens sy tannie, Agnes Maarman, was hy Vrydagaand na vriende toe en sou hy die aand by 'n familielid oorslaap, maar hy het nooit sy bestemming bereik nie.
"Saterdagoggend het die familielid gevra of Willon by ons is, want hy het nooit by hulle opgedaag nie. Ons het oral gesoek na hom. Ons het die hospitale en sy vriende gebel, maar niemand het geweet waar hy was nie. Ons het Sondag 'n draai by die polisie gaan maak en Sondagmiddag half twee uitgevind dit is ons kind wat in Voortrekkerweg doodgery is."
Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het gesê die bestuurder van die voertuig het nie van die toneel af weggery nie.
"Niemand is in hegtenis geneem nie, maar 'n klag van strafbare manslag word ondersoek."
Lucas word Saterdag 11:00 vanuit die AGS-kerk in Toekomsrus begrawe. Daar sal om 10:00 'n diens by die familiehuis in Jonkerstraat gehou word.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Lees 'n verwante artikel: Voetganger sterf in Voortrekkerweg
'Ons bring jou die nutuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'