OUDTSHOORN NUUS - Vier werknemers van Trapsuutjies-projekte, 'n groen besigheid in Oudtshoorn wat die WaterWise Ways-projek in De Rust, Dysselsdorp en Oudtshoorn hanteer, het onlangs 'n 5-dag entrepreneurskapkursus by die Van Wyksdorp Ontwikkelingsinstituut (VDI) bygewoon.
Volgens Marilize Beer, administratiewe beampte by Trapsuutjies, was dit 'n intensiewe opleiding waarna kursusgangers 'n besigheidsplan moes indien.
Beer was een van slegs twee studente wat die entrepreneurskapkursus voltooi het, en sy het ook 'n bevoegdheidsertifikaat ontvang vir die suksesvolle besigheidsplan wat sy ingedien het.
"Ek het baie gegroei sedert ek by Trapsuutjies begin werk het," sê sy.
Trapsuutjies het die afgelope jaar gegroei tot 'n organisasie wat reeds 15 persone in diens het.
Die meeste van hulle is op een of ander manier betrokke by die herstel van waterlekkasies in deernishuishoudings in De Rust en Dysselsdorp, hetsy datavaslegging, werksessies, algemene bewusmaking oor waterkwessies of aankope.
'n Kunsmatige vleiland by de Rust se riooldamme word ook in stand gehou. Kunsmatige vleiland sal ook in die nuwe jaar aangelê word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'