OUDTSHOORN NUUS - Trapsuutjies-projekte nooi die week Oudtshoorniete om aan 'n internasionale skoonmaakaksie deel te neem.
Miljoene mense in altesaam 150 lande wêreldwyd neem vanjaar deel aan die internasionale skoonmaakaksie.
Die doel van hierdie skoonmaakaksie is om weggooigoed wat met riviere uit die binneland na die see gevoer word op te ruim voordat dit in die see beland.
Al die rommel wat opgetel word, word aangeteken en die inligting word na Plastics SA, wat die projek bestuur, gestuur vir ontleding. Die ontleding vorm deel van ‘n internasionale rommelverslag wat vroeg volgende jaar gepubliseer word.
Die eerste skoonmaakaksie is op Woensdag 16 September by Môrester Hoërskool om 10:00 tot 12:00 en die volgende een is op Vrydag 18 September by die Grobbelaarsrivier vanaf 10:00 tot 12:00.
Belangstellendes moet registreer om deel te neem. Registrasie hou met Covid-19-regulasies verband. Om te registreer stuur 'n e-pos na pzeldav@gmail.com of carolinel756@gmail.com of skakel 065 801 4810.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'