Dit volg nadat die leeu gister weer uit die park uitgebreek het.
“Ons sal ongelukkig die leeu van kant moet maak,” het Fayroush Ludick, woordvoerder van SANParke vanmiddag gesê.
“Hy het gister nog beeste gevang en ons weet nie hoe hy gaan reageer as hy ‘n mens teekom nie. Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap om hulle te beskerm voordat ’n mens se lewe op die spel is.”
Volgens Ludick het parkpersoneel gisteroggend die sein van sy satelliet-opsporingskraag buite die parkgrense opgetel. “Veldwagters en spoorsnyers is dadelik na die park se noordwestelike heining waarvandaan die sein gekom het.”
- Sylvester die leeu weer tuis
- Opvolg: Karoo-leeu terug na 3 weke
- Escaped lion finally caught
- Hulp uit alle oorde om leeu te vang
- Opvolg: Leeu te slim vir spoorsnyers
- Opvolg: Leeu glo in Noord-Kaap
- Helikopter ingespan vir leeu-soektog
- Leeu speel wegkruipertjie
- Opvolg: Spore gevind na leeu ontsnap
- Lion breaks out of Karoo National Park