Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, het Donderdagaand 18 Januarie van die top 2017-matrikulante met sertifikate vereer vir hul prestasies.
In sy toespraak by Headlines Restaurant het hy aan die skoolverlaters gesê, "Julle verlaat jul ouers se nes. Nou is julle die argitekte van jul eie toekoms."
Sylvester het hulle aangemoedig om 'n balans te vind tussen wat hulle wil bereik en dit waarmee hulle hulself besig hou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'