OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium se drie topmatrieks van 2018 was onder die presteerders wat deur die Oudtshoorn-munisipaliteit vereer is vir hulle uitnemende akademiese prestasie.
Gimmies se toppresteerder, Anna-Mart Schutte het 'n verdere prestasie behaal deur aangewys te word as een van die provinsie sestien beste matrieks in Afrikaans-huistaal.
Met 93% deel sy die sesde plek in die provinsie met nog 'n leerder van elders. Gimmies se tweede en derde toppresteerders is Helette du Plessis en Jané Venter.
Jané Venter
Helette du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'