Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee mans van Oudtshoorn het hoofbeserings opgedoen toe hulle bakkie op die grottepad reg van voor getref is deur 'n Toyota wat aan die verkeerde kant van die pad gery het.
Volgens Lourens van der Westhuizen was hy en 'n passasier in die rigting van Oudtshoorn onderweg toe 'n wit Toyota reg van voor op hulle afpyl.
Hy het gerem maar die Toyota het sy bakkie reg van voor getref.
Die Toyota bestuurder en sy gesin is toeriste van Israel wat by 'n gasteplaas naby die ongelukstoneel oornag het.
Die bestuurder het aan die regterkant van die pad gery nadat hy by die gasteplaas uitgery het.
Sy vrou en een van die kinders het ligte nekbeserings opgedoen.
Kyk 'n video hieronder.
Die remmerke dui aan waar die bakkie gerem het toe die Toyota van voor gekom het.
Die bestuurder van die bakkie wag vir behandeling.
Die buitelandse gesin word deur nooddienspersoneel ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'