Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Bykans 40 inwoners van 60 en ouer het vanoggend teen 09:00 reeds by die Toekomsrus-gemeenskapsaal opgedaag vir Covid-19-inentings.
Dit is die eerste dag van inentings hier nadat die span vanaf die Oudtshoorn-hospitaal verskuif het. Mense ontvang die eerste van twee Pfiser-inentings en ontvang die tweede een na 42 dae.
Inentings word ook môre by die Blomnek-kliniek by De Rust toegedien.
In Kannaland word inentings vandag in Zoar by die sportklub toegedien, môre in Calitzdorp by die NG-kerksaal en Vrydag in Van Wyksdorp by die kerksaal.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'