OUDTSHOORN NUUS - Tuishuis het verlede Vrydag ‘n teetuin vir 43 van sy inwoners aangebied en ook handewerk ten toon gestel wat deur die inwoners gemaak is.
Die inwoners moes R25 elk opdok vir eet- en drinkgoed wat weer aangewend sal word om nog items te brei of te hekel.
Die groep het die kuiertjie in Tuishuis se tuin terdeë geniet.
FOTOGALERY: Tuishuis Teetuin kuier
Inwoner Mari Schmidt sê die teetuin word amper elke maand vir die inwoners aangebied, maar met die opkomende winter word dit weens die koue gestaak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'