OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn munispaliteit het gister aangekondig dat die vier openbare swembaddens in Oudtshoorn vir die vakansieseisoen oopgestel sal word. Dit volg nadat die damvlakke tot net bokant 50% gestyg het.
Met die aanvanklike besluit om swembaddens nie vol te maak nie, was die damvlak op 'n kritieke vlak net bokant 30%.
Volgens 'n verklaring wat uitgereik is, sê die munispaliteit dat die hoeveelheid water wat gebruik sal word om die swembaddens vol te maak ongeveer 40% beloop van die hoeveelheid water wat op een dag deur inwoners en sakeondernemings verbruik word.
Openbare swembaddens sal vanaf 15 Desember tot 28 Februarie volgende jaar oop wees.
Daar is ook besluit dat die besproeiing van sportgronde soos kriektvelde weer hervat sal word. Met die hjuidige damvlakke het Oudtshoorn genoeg water vir 245 dae.
Waterbeperkings bly steeds van krag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'