OUDTSHOORN NUUS - Die provinsiale verkeersdepartement het pas aangekondig dat die Swartbergpas tot verdere kennis vir alle verkeer gesluit is.
Volgens Gerald Becker, provinsiale verkeershoof, is die pas uiters glad as gevolg van die sneeu en lae temperatuur.
Die pas is as voorsorgmaatreël gesluit en sal waarskynlik môre ook nog gesluit wees.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Hessequa nuus'