OUDTSHOORN NUUS - ‘n Man van Oudtshoorn staar lang tronkstraf in die gesig nadat hy in die Oudtshoorn-streekhof skuldig bevind is op drie aanklagte van kinderverkragting, een van seksuele aanranding van ‘n minderjarige en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Johannes Jacobs (40) het in 2019 by drie geleenthede twee 14-jarige meisies, verkrag en ‘n seksuele daad met ‘n derde gepleeg, terwyl hy sy 17-jarige seun twee keer met ‘n mes gesteek het.
Vonnisverrigtinge is op versoek van sy regshulpprokureur, Cindy Murray-Smith, vir ‘n korrektiewe verslag uitgestel tot 17 Maart.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'