OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit se direkteur tegniese dienste, Chris Koch, en die personeel by die watersuiweringsaanleg is deur die Suid-Afrikaanse waterinstituut vereer vir uitstaande diens gelewer.
Tydens Dinsdag se raadsvergadering het die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, die trofee aan Koch oorhandig.
Die direktoraat tegniese dienste se portefeuljeraadslid, Johan Fourie, en die suiweringsaanleg se personeel was ook teenwoordig met die oorhandiging in die raadsaal.
Sylvester het gesê Koch se departement het die toekenning ontvang, omdat hulle die sogenaamde back-to-basics benadering gevolg het.
"Die direkteur en sy hele span het 'n bydrae gelewer wat die prestasie tot gevolg gehad het."
Volgens Sylvester het hulle dit met die minimum geld tot hul beskikking vermag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'