OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant wil graag in Vrydag se uitgawe foto’s van volwassenes en kinders wat Kersgeleenthede geniet, plaas.
Stuur asseblief vir ons julle foto’s van Kersliggies, oprig van Kersbome of enigiets wat die aanloop tot vanjaar se Kersfees uitbeeld.
Stuur ‘n kort byskrif saam om te sê wie op die foto is en waar dit geneem is.
Stuur aan hannes@groupeditors.co.za of liezl@groupeditors.co.za.
Lesers is ook welkom om ‘n kort storie oor ‘n besondere Kerservaring te stuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'